Monday, July 02, 2007

Psalm 119:17-24

17 Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe en aan u woord gehoorsaam wees.
18 Maak my oe oop sodat ek die kragtige werking van u wet kan ervaar.
19 Hier op aarde is ek op u beskerming aangewese, laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.
20 Ek kwyn weg van verlange na u bepalings.
21 U straf die hovaardiges en die vervloektes wat van u gebooie afwyk.
22 Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie, want ek kom u verordeninge na.
23 Selfs al smee mense wat mag het komplotte teen my, sal ek my hou aan wat u neergele het.
24 U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers.

No comments: